
Gee aanlyn
Vir die voortgang van ons projekte in die gemeenskap steun ons op die vrygewigheid van donateurs.Indien jy ‘n projek finansieel wil ondersteun kan jy ‘n donasie maak in jou naam, anonym of in iemandanders se naam. Tydens ons dienste op ‘n Sondag gee ons geleentheid vir danksegging. Diebankbesonderhede is hieronder.

Word 'n vrywilliger
Daar is voortdurend projekte wat aandag verg en ons is dankbaar vir enige vrywilliger wat hiermee wilhelp. Of dit ‘n verfprojek by die Vroeë Kind Ontwikkelingsentrum is, of ‘n geldinsamelingsprojek vir eenvan ons bedieninge – jy word verwelkom en aangemoedig om deel te wees. ‘n WhatsApp groep vanverskillende denominasies in ons omgewing is gevorm om inligting te gee oor verskeie projekte waarhulp benodig word. Dit gaan mos in die kerk nie oor wie dien nie, maar eerder oor die gemeenskap watbedien word. Jy is welkom om ‘n boodskap na die Good News Partners WhatsApp groep te stuur (BenKlut: 082 819-9958 of Neal Gooch: 084 472 8469) om aan te sluit.

Hou die Koskas vol
In Johannesburg, waar ons gemeente is, word ons daagliks bewus van groot nood en armoede. Dit raakons as mense by ons aanklop vir kos en lewensmiddele om net deur die dag te kom en ons kan nie helpnie, omdat ons koskas leeg is. Ons is dankbaar elke keer wanneer ons ‘n kospakkie kan uitdeel om inmense se nood te voorsien. Ons sal dit hoog op prys stel indien jy bereid is om nie bederfbare kos, goeieklere, veral mansskoene, baba produkte en basiese lewensmiddele vir ons koskas kan skenk. ‘n Lys vanbenodighede verskyn hieronder.