top of page

Dienste en gebeure

Jy is welkom!

ENGAFR

Sondagoggenddiens

Sondae 09:00 - 10:30

Jy en jou familie is baie welkom by ons erediens op ‘n Sondagoggend. Die diens is tweetalig en begin om
09:00. Wanneer ons sê almal is welkom bedoel ons dat ons inklusief is. Ras, kultuur, seksuele oriëntasie,
sosiale status en nasionaliteit maak vir ons geen verskil nie. Ons dienste is outentiek en
ongekompliseerd. Na die diens kuier ons saam in die saal met verversings waarby jy welkom is.

Kinderkerk

09:00- 10:30 Sondae gedurende skoolkwartale

Tydens ons eredienste kry kinders kans om hulle eie kinderkerk in die saal by te woon. Die kinders word
verdeel in ouderdomsgroepe wat deur volwasse kategete begelei word. Daar word onderwerpe
bespreek wat aanklank vind by die verskillende ouderdomme.

Bybelstudie

17:00 - 18:00 Dinsdae

Dinsdagaande hou ons Bybelstudie. Saam verken ons God se Woord en die boodskap vir ons lewens.
Soms word temas oor ‘n paar weke behandel. Dit word op die afkondigings Sondae geplaas, maar jy kan
ook verdere inligting hier kry.

WP_20170329_16_38_17_Pro__highres.jpg
4063.jpg

Adoramus Meditasie

17:00 - 18:00 Woensdae

Die gejaagde trant van ons lewens veroorsaak dat ons nie genoeg tot stilstand kom om na te dink oor
ons Goddelike natuur nie. In die middel van die week kry ons vir ‘n uur kans om Christelike meditasie te
beoefen. Spesiale musiek, ‘n warm atmosfeer en kerslig help ons om stil te word.

Volg
die seisoene en feeste van die kerkjaar

Sondae - Saterdae

Brixton Kerk volg die Leesrooster gebaseer op die Revised Common Lectionary. Die kerklike jaar begin
met Advent waarop Kerstyd volg. Daarna word Epifanie gevier gevolg deur 7 Lydensweke wat kulmineer
in Paastyd en uiteindelik Pinkster. Die grootste tyd in die kerklike jaar bestaan uit Koninkrykstyd en sluit
die kerklike jaar af. Meer inligting is op ons Gebeure-blad. Kyk gerus daarna vir spesifieke datums en tye.

bottom of page