top of page
Our Church Your Church

Brixton Kerk Church

Betrokke by omgewing

My naam is Hennie van Rooyen en ek verwelkom jou hartlik by die Brixton-kerk se webwerf.

As gevolg van die COVID-19 pandemie wêreldwyd moet gemeentes noodwendig gebruik maak van internet-tegnologie om hul gemeenskappe aanlyn te bedien.

Ons het ons Sondagdienste op ons Youtube-kanaal en Podcast, beskikbaar gestel en ons span werk hard om geestelike versorging gedurende hierdie tyd te bied. Jy is welkom om op ons kanaal in te teken om 'n kennisgewing te ontvang wanneer die volgende preek geplaas sal word.

 

Ons glo dat die beste manier om die Here te dien is om die gemeenskap te dien, selfs al beteken dit voorlopig om fisiese afstand te handhaaf.

Ons is nog steeds hier en ons gee nog om.

 

Totdat ons weer fisies bymekaar kan wees, kan ons aanlyn kontak maak.  Laat ons volhou om in gebed om genesing vir alle mense oor die wêreld heen te vra.

 

Mag God se liefdevolle guns en genade jou seën en bewaar.

Ds. Hennie van Rooyen.

bottom of page