top of page
Gee aanlyn

ENGAFR

Vir die voortgang van ons projekte in die gemeenskap steun ons op die vrygewigheid van donateurs. Indien jy ‘n projek finansieël wil ondersteun kan jy ‘n donasie maak in jou naam, anoniem of in iemand anders se naam. Tydens ons dienste op ‘n Sondag gee ons geleentheid vir danksegging. Die bankbesonderhede is hieronder.

Word 'n vrywilliger

Daar is voortdurend projekte wat aandag verg en ons is dankbaar vir enige vrywilliger wat hiermee wil help. Of dit ‘n verfprojek by die Vroeë Kind Ontwikkelingsentrum is, of ‘n geldinsamelingsprojek vir een van ons bedieninge – jy word verwelkom en aangemoedig om deel te wees. ‘n WhatsApp groep van verskillende denominasies in ons omgewing is gevorm om inligting te gee oor verskeie projekte waar hulp benodig word. Dit gaan mos in die kerk nie oor wie dien nie, maar eerder oor die gemeenskap wat bedien word. Jy is welkom om ‘n boodskap na die Good News Partners WhatsApp groep te stuur (Ben Klut: 082 819-9958 of Neal Gooch: 084 472 8469) om aan te sluit.

Hou die Koskas vol

In Johannesburg, waar ons gemeente is, word ons daagliks bewus van groot nood en armoede. Dit raak ons as mense by ons aanklop vir kos en lewensmiddele om net deur die dag te kom en ons kan nie help nie, omdat ons koskas leeg is. Ons is dankbaar elke keer wanneer ons ‘n kospakkie kan uitdeel om in mense se nood te voorsien. Ons sal dit hoog op prys stel indien jy bereid is om nie-bederfbare kos, goeie klere, veral mansskoene, baba produkte en basiese lewensmiddele vir ons koskas kan skenk. ‘n Lys van benodighede verskyn hieronder.

bottom of page