top of page

NEDERIGHEID VERSUS VERWAANDHEID


Ek het die afgelope tyd baie nagedink oor die verskil tussen nederigheid en arrogansie of verwaandheid. Die vraag bly by my opkom: Hoekom lewer nederigheid beter resultate as verwaandheid? Dit is wat die Bybel ons leer, dat nederigheid die Here se voorbeeld was en dat dit aan ons vreugde bring. Spreuke 18 vers 12 lui: “Op selfverheffing volg ineenstorting. Op nederigheid volg eer.” Dit lyk egter nie of dit ʼn waarde of ʼn deugde is wat die wêreld hoog ag nie.

Maar die Bybelse waarheid is: Arrogance holds you back. Humility propels you forward.

Dit kos moed om nederig te wees daarom is dit so moeilik vir mense. Moed is die gewilligheid en vermoë om te misluk en weer te probeer; verwaandheid het die behoefte om volmaak voor te kom, daarom speel dit altyd veilig. Dit sal nie probeer tensy sukses seker is nie. Verwaandheid vrees en verwerp mislukking. Nederigheid aanvaar verantwoordelikheid vir mislukking en hou aan probeer.

Die verwaandes tree op soos dwase. Verwaandheid leer stadig indien ooit. Dit aanvaar nie raad nie, want dit weet altyd die beste. Hulle leer baie moeilik. Nederiges leer uit mislukking, verbeter en kry insig. Verwaandheid herhaal ondoeltreffende gedrag en blameer ander vir mislukking.

Nederiges aanvaar, want hulle luister. Hoogmoediges luister nie. Hoogmoediges wys die vingers na ander. Nederiges aanvaar verantwoordelikheid en groei. Daar is geen groei as jy nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

Nederiges respekteer en waardeer ander. Hulle kan maklik in spanne saam werk en bring hulle deel in gemeentes en organisa-sies. Nederiges verbind met ander en eer hulle talente. Verwaandes staan op hulle eie en voel bedreig as ander presteer daarom wil hulle altyd op die kant staan of op die pawiljoen sit om te kritiseer. Om werklik ʼn nederige lewenshouding te kweek vra waagmoed en dapperheid van ons. Die geloofsgewoontes en praktyke van nederiges is: Leer, luister, moed, belê in verhoudings en aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie gesindheid en optrede.

Comentários


  • facebook

Follow

011 837 9770

Contact

Address

41 / 43 Putney Road Brixton South Africa 2019

©2017 This website is managed by Brixton Church

bottom of page