top of page

OM GOD TE ONTMOET


“Soos ‘n Wildsbok wat smag na water,

Smag my siel na U O Heer.

U alleen is my hartsverlange

en ek bring aan U die eer.

U alleen is my bron van krag

In U teenwoordigheid wil ek wag.

U alleen is my hartsverlange

En ek bring aan U die eer.”

Daar kom ‘n tyd in elkeen van ons se lewens waar ons met diepe verlange na God se teenwoordigheid smag. ‘n Tyd waar ons hele siel en ons diepste wese dors en soekend is om die God van alle voorsiening, sekuriteit, versorging en onbegrensde liefde tasbaar te ontmoet. Die verhaal word vertel van Johannes van die Kruis wat deur sy vriende van sy ouderdsomgroep verraai was en ook verwerp was. ‘n Tyd waar hy toegekyk het na sy bediening wat aan skerwe gelê het en hy homself bevind het tot die beperking van ‘n baie primitiewe ondergrondse sel. Vandaar het hy uitgeroep”

“Where have you hidden,

Beloved, and left me groaning?

You fled like a stag

having wounded me

I went out in search of you, and you were gone!

Ten spyte van sulke diep emosionele hartseer woorde, het God wat sy hart verstaan en van sy smagting intens bewus was, hierdie situasie waarin hy hom bevind het sodanig omgedraai en gebruik om te lei tot ‘n intieme ontmoeting met die Ware Jesus. Die God wat sy “dors” en “honger” tot oorlopends toe kon stil. Johannes pen die ontmoeting neer in die volgende woorde wat ons verward en tog ook kortasem laat:

Flame, alive, compelling

yet tender past all telling,

reaching the secret centre of my soul!

Burn that is for my healing!

Wound of delight past feeling!

Ah, gentle hand whose touch is a caress,

Foretaste of heaven conveying

and every debt repaying.

Slaying, you give me life for death’s distress.

O lamps of fire bright-burning

With splendid brilliance, turning

Deep caverns of my soul to pools of light!

Once shadowed, dim unknowing,

Now their strange new-found glowing

Gives warmth and radiance for my loves delight.

Ah, gentle and so loving

You wake within me, proving

That you are there in secret and alone,

Your fragrant breathing stills me,

Your grace, your glory fills me

So tenderly your love becomes my own.

Wat ‘n wonder-versekering aan ons wat ook soos die wildsbok smag na God, dat die Here vandag nog in 2019 ons ontmoet. Soms ontmoet Hy ons in ons donkerste nag. Hy besoek ons daar waar ons vanuit ‘n versmagtings en soms tekortkomingsmentaliteitsdenkpatroon leef en bring ons na fonteine en strome van oorvloed en ongekende seen in ontmoeting met Hom. Hy sëen ons met die goeie uit Sy skatkamers en plaas Sy liefdesstempel oor ons voorkop selfs in die donkerste uur. ‘n Stempel wat bevestig: “Jy is Myne! God se kind”.

My gebed is dat die Gees van God wat oor ons geblaas is, deur ons hart en gees sag sal waai en ‘n tuiste sal vind in ons hart. Dat Hy, ons Vriend en Hoof, ons sal ontmoet en ons sal seën om bewustelik voor Hom te leef al woed daar oorweldigende storms om ons.

Mag ons versadiging vind in die wete dat ons kan oorgee en Hom daagliks kan ontmoet.

Mag Hy in ons donkerste nag ons helderste More wees!

Mag ons ergste honger en dors ons versadigendste feesmaal ooit word waarin Hy ons ontmoet.

Mag ons alleen oomblikke en soeke na God ons kosbaarste en waardevolste momente wees waarin God die seer en sukkel gebruik tot ‘n liefdevolle en genesende ontmoeting met Hom.

Mag die Here ons seën in ontmoeting!

Mag die Here ons seën in liefde.

Amen.

Comentarios


  • facebook

Follow

011 837 9770

Contact

Address

41 / 43 Putney Road Brixton South Africa 2019

©2017 This website is managed by Brixton Church

bottom of page