top of page

GEBEDSBEDIENING 2019 PRAYER MINISTRY


I pray because I can’t help myself.

I pray because I’m helpless.

I pray because the need flows out of me all the time, waking and sleeping.

It doesn’t change God.

It changes me.”

CS Lewis.

2019 was ‘n jaar vol uitdagings!


Ons het werklik geleer dat die wonderlikste plek ooit, die plek is op ons kniee in gebed! God was nooit te ver of onwillig om ons gebede te seën en of te bevestig nie. Ons het wondere-genesings gesien wat dokters en families in dankbaarheid gelaat het. Ons het gesien hoe genesende hande geseën word om God se kinders by te staan in vertroosting, behandeling en in chirurgie. Dit was ‘n jaar waarin ons werklik gesien het hoe God Sy hand uitstrek na Sy kinders. Hy het saketransaksies vir ons geseën, Hy het deure geopen, Hy het deur verhoring van gebede ons omgewing en buurfamilies nader getrek om noue bande in geloof te smee. Hy het elkedag vir ons voorsien en elkedag vir ons gesorg. Elke dag kon ons Hom aanroep en prys. Elke dag in gebed het Hy ons ontmoet! Hy het ons natuur vir ons mooi gemaak in groen en blommeprag. Hy het Sy hand gehou oor elke planeet.


Ons het voorbidding gedoen vir soveel in moeilike omstandighede, persone wat ‘n stryd voer met gesondheidsprobleme en emosionele reuse, persone wat trauma beleef het en ook ingetree vir families en vriende wat deur oomblikke van afskeid moes gaan. Ons was voortdurend in gebed vir ons kerk en gemeentelede en vriende en die Here bly altyd so getrou – elke oomblik, elke versugting het Hy met embarming en diepe omgee aangehoor en verhoor. Ons het gebid om reën, die Here het ons geseën. Ons bid steeds vir ons ekonomie, ons land en elke persoon wat uitroep om hulp. Ons bid vir elkeen wat op ons paaie sal gaan gedurende die feesseisoen en vele meer waarvoor ons voorbidding doen.


In ons Adoramusdienste het ons in stille oomblikke van diepe bepeinsing sag by die Here se voete kom sit en net toegelaat dat Hy ons omvou in Sy heelword en Sy vertroosting en bemoediging. Ons het geleenthede gehad om ons siel voor Hom te open en weerloos en broos in Sy liefdevolle oë te kyk en te weet dat Hy alles verstaan en ons nooit aan ons eie lot sal oorlaat nie. Die gebedsbediening sal nie oor die Kersseisoen ophou om steeds voorbidding te doen en daagliks te bemoedig per WhatsApp-boodskappe nie.


Mag ons 2019 se laaste sekondes ons hand in God se Vaderhand plaas, ons hart en mond en fluisteringe aan Hom in gebed bied en net weer bevestig dat Hy die God is by wie ons direkte toegang het, en die God is van die Ganse skepping, die God is van Wonderwerke en die God is wat elkedag in afwagting liefdevol-verlangend op ons wag om sag in gebed Sy Naam te prewel-fluister en Hom te vertel hoe lief ons Hom het!


A special word of Thank-you to all our prayer family members.

We have been blessed abundantly.

We have seen miracles and wonders beyond our comprehension.

God is a God of Prayers!!


Graag as bedieningsleier wil ek aan elkeen baie dankie sê vir die getroue hande-vat en saam bid.


‘n Geesgevulde Christusfees word aan elke familielid en vriend in Jesus toegebid!




Comentarios


  • facebook

Follow

011 837 9770

Contact

Address

41 / 43 Putney Road Brixton South Africa 2019

©2017 This website is managed by Brixton Church

bottom of page