Via Dolorosa
- Tersia Engelbrecht
- Mar 29, 2020
- 4 min read

“‘n Pad na iets nuuts, ‘n Pad na lewe, ‘n Pad tot in God se teenwoordigheid!”
Daar was geen vrees op die gesig van die Man wat die beker opgeneem het en in liefde aan Sy volgelinge geoffer het om met Hom in Gees een te word. Die ongesuurde brood, nog vars en wolk-wit het Hy aan elkeen met Sy eie hand gebreek. Hul genooi om saam met Hom te eet en deelagtig te word aan Sy liggaam. Die onvermoë om begrip op die gesigte van hul wat by die tafel aangelê het, was duidelik. Nie een het gevra na die betekenis. Die Brood was gebreek en die Wyn het vrylik in Een straal gevloei. ‘n Uitgekose man het sy hand saam met die Messias in die ruwe houtbak op die tafel gesteek en…. die uurglas het uitgeloop!!!
In die bleekte van die maan oor die tuin van Getsemane het daar ‘n prewel-smeekgebed van ‘n Redder, druppende van bloedsweet, die maan later daardie aand laat verduister. Die “maaltydgangers” het Hom gevolg na die tuin en in droefheid hul kop op ‘n klip laat rus tot insluimering en skande. In afgemete tree het die Messias alleen die tuin in gegaan. ‘n Prewelgebed tot ‘n God-Vader soos ‘n seun smekend aan sy Pa gefluister-bid. Benoudheid oor die bekende wat op Hom wag en ook die onvermydelike, het Hom in gehoorsaamheid van sy knieë laat opstaan. Op pad na die Wil van sy Vader!
Die Messias is verraai. Soldate het die stilte van die tuin ontsenu en die doodsvonnis in hul stap en aanval het niemand in onsekerheid gelaat. Vaal veldmuise en krieke het skarrelend die tuin dieper binne gehardloop na ‘n plek van veiligheid. In ‘n klipskeur het ‘n bang dassie haar dassie-kinders beskerm met groot oë ten aanskoue van hoe die Man-van-gebed met aggressiewe hande deur die soldate gestamp en gestoot en mishandel en weggeneem word. Judas Iskariot die man met die nat sagte lippies het die laaste soen aan die Messias gebring… Selfvoldaan met ‘n sakkie munte in sy hand het hy bly staan. Die man van die oomblik, vol van eie-bravade en geluk…die Messias in oorgawe aan die Wil van God, in die hande van die Romeinse soldate, op pad na die Via Dolorosa.
Jerusalem se strate, ‘n gekose roete van ‘n paar tree kort om ‘n kilometer te wees, was die kronkelpad na die wrede, tog liefdevolle- sterwe van ons Messias aan ‘n kruis. Die Via Dolorosa soos in Latyns bekend as die “Pad van smarte”. ‘n Pad wat ‘n onskuldige Messias gewillig gestap het vir jou en my. Die Pad wat vir ons ‘n weg is wat nuut maak en vir ons lewe bring. ‘n Pad wat vir ons tot in die teenwoordigheid van God bring.
Stap jy ook vandag saam met my op die Via Dolorosa? Stap jy saam met die Messias of kies jy om bang en eenkant teen ‘n klipmuurhuisie op dié pad van smarte stil te bly staan? Berken jy die kostes van ‘n sakkie munte teenoor ‘n Ewige lewe?
Hoor jy die woorde van God die Vader:
Joh.3:16 “want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan beërwe.”
Die lied vervat die gebeure rondom die Via Dolorosa in geen onduidelike taal. Kom ons lees dit, oordink dit en volg in die voetspore van die Messias
Down the Via Dolorosa in Jerusalem that day The soldiers tried to clear the narrow streets but the crowd pressed in to see the Man condemned to die on Calvary He was bleeding from the beating there were stripes upon his back And He wore a crown of thorns upon His head and He bore with every step the scorn for those who cried out for his death Down the Via Dolorosa called the way of suffering Like a lamb came the Messiah Christ the King But he chose to walk that road out of his love for you and me Down the Via Dolorosa all the way to Calvary
The road of suffering will soon end on that hill and his body will be nailed upon the cross but Jesus died in our place so that our sins can be washed away Down the Via Dolorosa called the way of suffering Like a lamb came the Messiah Christ the King But he chose to walk that road out of his love for you and me Down the Via Dolorosa all the way to Calvary The blood that would cleanse the souls of all men Made its way to the heart of Jerusalem Down the Via Dolorosa called the way of suffering Like a lamb came the Messiah Christ the King But he chose to walk that road out of his love for you and me Down the Via Dolorosa all the way to Calvary
GEBED: Here, die Via Dolorosa, die pad van iets nuuts. Die pad van vergifnis van ons sonde. Die Pad van liefde gestap vir ons! Dankie Here dat U die Messias is!
Amen
Comments