SPIRITUELE VOLWASSENHEID
- Tersia Engelbrecht
- Mar 29, 2021
- 5 min read

“For if anyone is a hearer of the word and not a doer,
he is like a man who looks intently at his natural face in a mirror.”
James 1:23
“want wanneer iemand luister na God se boodskap en hy doen nie wat God sê nie,
dan is hy soos 'n mens wat in ‘n spieël na sy eie gesig kyk.”
Jakobus 1:23
Ek dink nou-die dag daaraan die Corona-virus word net so baie soos die duiwel blameer vir soveel dinge wat verkeerd uitwerk, ons soms nie oor beheer wil neem nie, en of nie lus is om te doen nie. Om die situasie bietjie meer te borduur kan ons sommer ook die “beurtkrag” finansiële-swaarkry en swak paaie daarby voeg en sodoende het ons 'n wonderlike ontsnaproete vanuit vele dinge en goedte waar ons nie voor kans sien, energieloos voel oor, of net doodluiters nie na voel nie of verantwoordelikheid voor wil opneem nie.
Die denke aan wat sou van ons geword het as God nie lus was om Sy Seun te offer as Redder vir ons, of nie die Heilige Gees vir ons te laat inbly in ons hart om ons te troos of te versterk of rigting vir ons aan te dui nie, laat my sprakeloos en in 'n spiraal van denke vasgevang waarop daar geen ander antwoord of uitkoms is behalwe die woord: “Chaos”!
Om Christus te kies as jou verlosser beteken dat jy 'n verantwoordelikheid het. 'n Verantwoordelikheid om nie net te luister of gehoorsaam te wees nie, maar ook om op te offer, op te staan, uit te reik en ook dinge te doen wat soms heel teen ons gevoel en denke indruis op spesifieke oomblikke in ons lewens. Solank dit die “christelik-regteding” is om te doen, word dit van ons verwag om verantwoordelikheid op te neem en te doen! Die dag toe ons Jesus in ons lewe ingenooi het en vir Hom die JA-Woord gegee het, het ons deel geword van Sy liggaam. Ons het verantwoordelikheid opgeneem en aangeneem en is getroud met die verantwoordelikheid in goeie en slegte tye tot en met die dag wat die Here ons kom haal en selfs in dae wat sal volg daarna.
Saam met verantwoordelikheid loop geloof, hoop, liefde en ook “spirituele volwassenheid” hand aan hand. Ons almal staan pa vir die verantwoordelikheid om in geestelike gehoorsaamheid spiritueel saam met ons mede broers en susters te groei. Nader te beweeg aan God, Sy koninkryk uit te brei deur uitreiking na ander al is hul nie van ons denominasie of kultuur of keuses. Al verskil hul taal en hul seksuele oriëntasie en of hul opvoedkundige kwalifikasies. Ons is geroep om Lig te wees vir hierdie tyd en in hierdie plek waar ons lewe totdat God ons kom haal en ons na ons hemelwoning by Hom sal neem.
Wat is spirituele volwassenheid?
Spirituele volwassenheid is 'n sigbare, duidelik waarneembare gedragsverandering, 'n verantwoordelikheidsopname, 'n liefdesdiensuitlewing, 'n hartsomswaai, waarin ons dit wat ons in God se Woord leer, prakties begin toepas. Ons is nie net luisteraars of lesers van die Woord nie, maar ook doeners, bedienaars aan die wêreld om ons, versorgers en navolgers van dit wat God vir ons leer oor hoe om wat Hy van ons verwag tot uitvoering te bring en ook groeiers ingewortel op Sy leiding. Om spiritueel volwasse te word is om gehoorsaam te word en toe te laat dat God ons verander. Om God ereplek te gee en onsself, ons eie gevoel, ons eie ego en begeertes te kruisig tot die beste van iemand anders/ God in ons. Spirituele volwassendheid verg daaglikse groei. Dit is soos 'n huwelik. Dit is werk! Dit is nie 'n geval van een haas en een perd, maar wel 'n geval van twee perde wat saam werk tot 'n baie definitiewe gesamentlike doelwit. 'n Doelwit om God te verheerlik. Ons hele doel op aarde is nie om lekker te lewe en gemaklik bedien te word nie, maar eerder om God te loof, te verheerlik en in diens van Hom te staan, te beweeg, te leef en ook in ons binnekamer te slaap!
Dit verg harde werk om spiritueel volwasse te word. Dit verg opofferings en waagmoed. Dit verg tyd. Dit verg verdraagsaamheid. Dit verg om indagtig te leef en op te tree. Dit verg om twee keer te dink of ek sal omdraai en slaap en of ek sal opstaan en 'n erediens bywoon en ander bedien. Dit verg om twee keer te dink of ek sal aanval en of ek sal nederig wees en emosioneel die minste te wees en te help genees. Dit verg om twee keer te dink oor wat die bes vir iemand anders se geestelike welstand sal wees of daar teenoor my eie ego te voer en te vertroetel.
Dit verg soms langtermynkeuses om 'n pad saam met iemand te stap tot genesing en myself oop te stel sodat iemand anders die liefde van Jesus deur my kan beleef.
Dit verg onophoudelike gesprek met God. Onophoudelike nader beweeg aan Jesus. Onophoudelike smagting na die warm stywe handvat van Jesus oor ons wankel- en bewerige hand. Dit verg om stil te word. Verg om net oor te gee aan God en Hom toe te laat om ons te lei op die pad na spirituele volwassenheid.
Dit is diens! Dit is opstaan! Dit is bedien! Dit is gehoorsaam wees! Dit is verantwoordelikheid opneem! Dit verg om saam te aanbid, saam Bybel te lees, afstanddoening van slegte gewoontes. Opnuut gekose kwaliteit tydsbesteding aan verhoudings, sonder teleurstelling of streling van die eie ego. Dit verg gehoorsaamheid en geestelike weerloosheid! Dit verg om ontvanklik te wees vir God se verrassings wat ons vir minute asemloos laat van verwondering!
Dit is liefde!!! Om verras te word deur God! Dit is liefde tot die uiterste toe!
Die volgende aanhalings laat diepdenke na oor spirituele groei:
· When a person becomes a Christian, he doesn’t just join a local church because it’s a good habit for growing in spiritual maturity. He joins a local church because it’s the expression of what Christ has made him—a member of the body of Christ.
· Bible study is essential to spiritual maturity.
· Spiritual maturity is measured in terms of persevering faith, not perfect behaviour
· The proof of spiritual maturity is not how pure you are but awareness of your impurity. That very awareness opens the door to grace.
· There are no shortcuts to spiritual maturity. It takes time to be holy.
· Spiritual maturity does not mean we will never make wrong plans. It fact, spiritual maturity often means having the courage to admit we’ve made the wrong plans.
· Through spiritual maturity you will see new ways to avoid unnecessary suffering; wiser ways to endure unavoidable hardships with grace, and opportunities to turn your pain into lessons of service and healing for others. Your hard journey has had a great purpose! Your pain was always a part of a plan to open your heart to love. Have faith. A miracle is happening in your life; the miracle of pain is transforming you to your highest self.
· Spiritual maturity is marked by being comfortable with the unpredictability of God.
· In spiritual maturity, the opposite of injustice is not justice but compassion
· Physical maturity is bound to time. Spiritual maturity is bound to obedience.
· We have tried everything to get rid of suffering. We have gone everywhere to get rid of suffering. We have bought everything to get rid of it. We have ingested everything to get rid of it. Finally, when one has tried enough, there arises the possibility of spiritual maturity with the willingness to stop the futile attempt to get rid of it and, instead, to actually experience suffering. In that momentous instant, there is the realization of that which is beyond suffering, of that which is untouched by suffering. There is the realization of who one truly is.
Mag die Here ons elkeen by die hand neem, ons ontmoet waarookal ons ons bevind en ons lei, ook in hierdie mooiste tyd van die kerklike jaar – Lydens en Opstandingstyd, tot 'n spirituele volwassenheid in Hom. Om te kan en mag leef met Hom, in ons, as ons opgestane Here.
Amen.
Comentarios